EENSAME MONSTER
Bekruip die donker jou in die nag
Die eensame monster wat net aanhou lag
Woeker jy voort, wonder wat op jou wag
Ek vra jou met 'n traan in my lag
Voel jy die vrees wat net aan hou klou
Die eensame monster wat so hou van jou
Voel jy die brand as hy jou vas hou
Word jou dag lig vinnig, donker grou
En jou môre miskien, 'n donker blou
En ek vra jou, en ek vra jou nou
Ken jy die eensame monster, wat bly aanhou klou


|